Burgersdorp ons dorp…
Burgersdorp is 'n besonderse dorpie vol geskiedenis, hartlike mense en pragtige natuurskoon. Hier leer ons nie net uit boeke nie, maar ook uit ons omgewing - van ou geboue en monumente tot rotskuns en bergpaaie. Dis 'n plek waar kinders veilig grootword, waar tradisie en kultuur belangrik is, en waar die gemeenskap soos 'n familie voel. In Burgersdorp bou ons nie net aan drome nie - ons leef dit uit!
By Laerskool Burgersdorp het elke kind verskeie geleenthede om te ontwikkel in verskillende areas. Van kwaliteit akademiese onderrig, verskeie sport- en kultuur-geleenthede, kan elke Blikkie werklikwaar vooruitstreef om die beste weergawe van hom- of haarself te wees. Sluit aan by ons en word ’n trotse Blikkie! Aansoeke vir 2026 is nou oop.